Seksuele stimulasie

Seksuele stimulasie of seksuele prikkeling is enige prikkeling (insluitende liggaamlike kontak) wat lei tot seksuele opwekking, of dit verhoog en handhaaf, en tot ’n orgasme kan lei. Hoewel seksuele opwekking kan plaasvind sonder fisieke stimulasie, verg ’n orgasme gewoonlik seksuele stimulasie.

Die term dui dikwels op die stimulasie van die geslagsdele, maar kan ook ander metodes insluit, soos sintuiglike prikkeling (sig of gehoor) en geestelike prikkeling (deur te lees of fantaseer). Voldoende stimilasie van die man se penis of die vrou se klitoris het gewoonlik ’n orgasme tot gevolg.[1][2][3][4]

Stimulasie kan self toegepas word (byvoorbeeld tydens masturbasie), deur ’n maat (tydens seks), deur die gebruik van ’n voorwerp of deur ’n kombinasie van bogenoemde metodes.[5] Sommige mense stel ’n orgasme uit (Engels: edging) deur die vlak van stimulasie te beheer om die seksuele plesier te verleng.

  1. Weiten, Wayne; Dunn, Dana S.; et al. (2011). Psychology Applied to Modern Life: Adjustment in the 21st century. Cengage Learning. p. 386. ISBN 978-1-111-18663-0. Besoek op 5 Januarie 2012.
  2. "I Want a Better Orgasm!". WebMD. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2009. Besoek op 18 Augustus 2011.
  3. Mah, Kenneth; Binik, Yitzchak M (7 Januarie 2001). "The nature of human orgasm: a critical review of major trends". Clinical Psychology Review. 21 (6): 823–856. doi:10.1016/S0272-7358(00)00069-6. PMID 11497209.
  4. Kammerer-Doak, Dorothy; Rogers, Rebecca G. (Junie 2008). "Female Sexual Function and Dysfunction". Obstetrics and Gynecology Clinics of North America. 35 (2): 169–183. doi:10.1016/j.ogc.2008.03.006. PMID 18486835.
  5. Geskoei op "masturbation" in Merriam-Webster's Collegiate Dictionary, Eleventh Edition, Merriam-Webster, Inc., 2003

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search